
Hul ouderdomme wissel van 60 tot 87, maar dié groep wat hulself ‘Die Fossiele’ noem, laat nie toe dat ouderdom hulle weghou van ‘n genotvolle dag se gholf nie. Die jaar het vir die Fossiele op ‘n hoë noot afgeskop, en oënskynlik is dit ‘n jaar vir die vroue, met Toets van der Westhuizen wat met al die pryse weggestap het, insluitend ‘n bottel wyn vir naaste aan die pen, en R200 prysgeld.
Die groep kon ook Richard Evans, die oudste lid van die groep, se 87ste verjaardag saam met hom vier.
As jy bo 60 is en gholf geniet, kom sluit aan by die groep, en kom geniet ‘n dag op die gholfbaan.
“Ons leef in tye wat groot uitdagings aan ons stel, maar ‘n heerlike oggend saam met geesgenote maak dit die moeite werd.”
Hier op die gholfbaan word dominee, professor, werktuigkundige, ingenieur, tandarts, bankamptenaar en politikus gereduseer tot een, sê die groep. Gesels met Koos Botha as jy graag wil deel word van die groep. Jy kan hom by 083 304 1704 kontak.