
Week na week sien jy hulle in Parys se hoofstraat besig om skoon te maak. Om op te tel waar ander gemors het. Die ‘dankies’ vir die werk wat Braam Cilliers en sy span vrywilligers van die Ngwathe Warriors en Mooi Parys doen, is dikwels min, maar dit is mense soos hulle wat ‘n verskil in die gemeenskap van Parys maak. Dit is die handjievol mense wat week na week die dorp se hoofstraat skoon hou vir die naweek se besoekers. Wat al gehelp het om die begraafplaas skoon te maak. Wat met die hulp van borge die parkeerruimte in Breëstraat oorkant Spar skoongemaak het, en wat verlede week gehelp het om die dorp skoon te maak na protesoptrede die strate vuil en bemors gelaat het.
Parys en sy inwoners salueer julle vir hierdie onbaatsugtige werk, en vir hulle wat maand na maand bydra tot die skoonmaakaksie.