
Nog vyf Parysenaars het die A-simbole na afloop van die 2022 matriekeindeksamen behoorlik ingeryg.
Mizelle Terre’Blanche spog met ‘n gemiddeld van 90,8% en ‘n totaal van 7 A-simbole vir Afrikaans Huistaal, Engels Eeste Addisionele Taal, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, rekeningkunde en ingenieursgrafika- en ontwerp onderskeidelik.
Mizelle is tans besig met haar Associate in Cecchetti Ballet in Johannesburg, en is deel van die Suid-Afrikaanse span wat in Mei deelneem by die DanceStar World Dance Masters in Kroasië.
Met voltooiing van haar Associate in Cecchetti, beoog Mizelle om oorsee te gaan dans.

Denzel Verster het 6 vakonderskeidings behaal, en Jordan Kruger 5.
Mizelle,Denzel en Jordan was leerders van Hoërskool Ferdinand Postma.


Joe Meyer, nog ‘n oudleerder van Parys en kranige sportman wat sy skoolloopbaan aan die Saint Andrews School in Bloemfontein voltooi het, spog met 5 A-simbole.

Estienne Terre’Blanche wat aan Hoërskool Gimnasium gematrikuleer het, spog met vier vakonderskeidings vir rekeningkunde, Afrikaans Huistaal, besigheidsstudies en Engels Eerste Addisionele Taal.
