Beurtkrag kniehalter ook swembadpompe: Munisipale swembad tydelik gesluit
So ontneem beurtkrag ook Potchefstromers van die gebruik van die munisipale swembad

Die munisipale swembad is grasgroen glo weens aanhoudende beurtkrag wat een van die groot faktore is wat die pompsisteem affekteer.

Die munisipale swembad in Beyers Naudé-rylaan is vanaf Vrydag, 27 Januarie, tydelik gesluit weens veiligheidsredes.
Die munisipale swembad is grasgroen glo weens aanhoudende beurtkrag wat een van die groot faktore is wat die pompsisteem affekteer. Die swembadpompe kan nie alles betyds skoonsuig nie aangesien die pompe nie sterk genoeg nie.
Dit beteken dat die kwaliteit water tans nie op standaard is vir publieke gebruik nie.
Volgens Madra de Bruin, DA wyksraadslid, is daar besluit om die swembad tydelik te sluit vir die veiligheid van die publiek.
Sy noem ook in ‘n kennisgewing dat sy die publiek in kennis sal stel wanneer die swembad weer operasioneel sal wees vir publieke gebruik.
Die Herald het navrae aan die J.B. Marks munisipaliteit gestuur rakende die tydelike sluiting van die munisipale swembad, maar het nog nie terugvoer ontvang nie.