
Die Vaalrivier se watervlak het Sondag 19 Februarie, om 08:00 by die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel 5,532m gemeet. Die laaste keer wat die water so hoog by dié brug gemeet is, was 48 jaar gelede op 22 Februarie 1975. Toe het die water hier 5 818m gemeet. Effe hoër as wat gister gesien is.
Teen vanoggend 20 Februarie om 06:00 het die watervlak 5,188m gemeet en is watervloei teen 3601 kubieke meter per sekonde hier gemeet.
- Die enigste twee kere wat die water bo die 5m by die Schoemansdrift laagwaterbrug gemeet het was op 9 Februarie 1944 (5 305m) en op 8 Januarie 2011 (5 138m).
Die laagwaterbrug is steeds gesluit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.