Local news
Dankie vir bont slange en kubus-vreugde om klein handjes besig te hou
'n Groot dankie vir elkeen wat help maak het aan hierdie sensoriese speelgoed vir kinders van Situla Campuses

Hierdie was geen gewone slange of kubusse nie. Dit was bedoel vir handjies wat besig moet bly, wat moet vat en voel en so gestimuleer moet word.
En uiteindelik het die groot dag aangebreek dat die kleurvolle slange en kubusse afgelewer kon word by die Situla Tutor en Therapy Centres om ook vir outistiese kinders op hierdie manier stimulasie te kon gee.
‘n Groot dankie vir elke hand wat gebrei of gehekel het aan die bont vreugde vir hierdie kinders.

Mense het letterlik van oraloor gereageer op Anna Patat in Parys se oproep om die brei- en hekelnaalde te vat en te help – hoe meer kleurvol en hoe meer liefde ingewerk kon word in elke steek hoe beter.
Weet dat elke speelding wat gemaak is, werklik ‘n verskil vir hierdie kinders gemaak het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.