Local news

VLU-vroue kom bymekaar

Alle belangstellendes is welkom om te kom saamluister na die aktuele onderwerpe wat bespreek word, en interessante handwerk idees en wenke te kry

Lede van die Vroue Landbou Unie (VLU) in Parys, kom weer bymekaar op 2 Mei. Onthou jy hoef nie ‘n lid van die VLU te wees om die byeenkomste by te woon nie.

Alle belangstellendes is welkom om te kom saamluister na die aktuele onderwerpe wat bespreek word, en interessante handwerk idees en wenke te kry. As jy die byeenkoms wil bywoon, skakel Bernadet v/d Ende by 082 474 0304, of Annatjie Dreyer 082 464 0204 vir meer inligting.

Die VLU se kitswenk vir die maand mag jou dalk help om beter te slaap. Probeer gerus die volgende.
· Probeer altyd op dieselfde tyd gaan slaap
· Ontspan voor bedtyd
· Maak die kamer gemaklik, goeie matras, kussing en ‘n donker kamer
· Moet nie deur die dag slaap nie
· Gereelde oefening
· Geen kafeïen, of energiedrankies, en geen swaar etes voor bedtyd
· Geen selfone of rekenaar voor bedtyd nie
· Probeer jou gedagtes ontspan voor slaaptyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button