Local news
Dié gholfpryse behoort aan die dames
As jy bo 60 is en gholf geniet, kom sluit aan by die groep gholfspelers

Dit het verlede week behoorlik gelyk na ‘n Vrouedagviering by ‘n groep senior gholfspelers
van Parys wat hulself die Parys Fossiele noem. Twee dames, Sampie Kennon en Rina van der
Merwe, het met die eerste en tweede pryse weggestap na die dag se spel.
Die fossiele tree elke Dinsdag vanaf 09:00 aan op die Parys Golf & Country Estate-baan. Spelers se ouderdomme wissel tussen 60 en 87 jaar, maar dié groep laat nie toe dat hul ouderdom tussen hulle en ‘n genotvolle dag op die gholfbaan staan nie.
As jy bo 60 is en gholf geniet, kom sluit aan. Jy kan Lizette by die Pro Shop by (056) 818 1565 vir meer inligting skakel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.