Bikers doen weer hul deel
Vredefort Hartshuis sê dankie vir oop harte en hande om te voorsien in die nood.

Daar was Saterdag, 1 Julie reeds van vroegdag af groot opgewondenheid by die Vredefort Hartshuis met voorbereidings vir die Bikers Nappy Run 2023 waar grootmensdoeke (adult nappies) ten bate van
hulpbehoewende inwoners van die Hartshuis ingesamel is.
Die klanke van Boeremusiek en die musiek van Morne Visser en sy musiekgeselskap, oom Johan Volschenk wat kitaar gespeel het met DJ Marnus op bystand, het almal in ligte luim gehad en heerlike koffie en warm sjokolade het die koue sommer dadelik verdryf.
Die African Festival wat vanaf 12:00 gehou is, het tradisionele kosse, waaronder ‘n groot pot mieliepap, townsip
disse en tradisionele dansers ingesluit en het die dag verder opgevrolik. Bobby Mitchley, sy vrou en al die motorfietsryers van verskillende klubs het letterlik duisende rand se doeke vir die Bikers Nappy Run afgelaai
en ook ‘n nuwe rolstoel en duvets geskenk.