
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ‘n ernstige beroep op skenkers in Parys gedoen om die bloedskenkkliniek op Dinsdag 11 Jullie vanaf 13:00-19:00 by die Hervormde Kerksaal, h/v Loop- en Paulsenstraat, te ondersteun.

Bloedvoorraad is tans kritiek laag weens die winter en skoolvakansie wat ‘n afname in skenkersgetalle veroorsaak. Die afname in bloedvoorraad het ‘n groot impak op pasiënte.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



