Local news

Ses wat glo oor haarknipper moord pleeg word gevonnis

Bewyse het die beskuldigdes met die misdaad verbind.

Die Mogwase-streekhof in Noordwes het Woensdag 27 November ses mans tot direkte gevangenisstraf vir hul rol in die moord en ontvoering van Katlego Donald Tshite (34), gevonnis.

Die beskuldigdes, Sydney Obakeng Raikane (40), Happy Magatshe (34), Karabo Edward Modise (32), Matshidiso Motshepe (34), Eric Mosothoane (34) en Sikwane Dunga Danke (40) het vonnisse wat wissel van 10 tot 20 jaar gevangenisstraf ontvang.

Sivenathi Gunya, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die beskuldigdes het die slagoffer op 31 Januarie 2023 in Manamakgoteng, Rustenburg ontvoer en aangerand nadat hy by ‘n begrafnis van diefstal beskuldig is.

“Hy is daarvan beskuldig dat hy ‘n haarknipper gesteel het. Tenspyte van sy betogings van onskuld, het gemeenskapslede hom aangekeer. Toe Tshite probeer vlug het, is hy gevange geneem en na ‘n nabygeleë ‘Apollo-lig’, ‘n plek wat berug vir buitegeregtelike ‘gemeenskapsverhore’ gebruik is, geneem.”

Dit is hier waar hy wreed aangerand is en dit het tot sy dood gelei. Sy lyk is die volgende dag ontdek. Die haarknipper, die beweerde oorsaak van die onderonsie, is later in die gesin se besit gevind, hoewel besonderhede oor die opsporing daarvan nog onduidelik is.

Al ses beskuldigdes het onskuldig op aanklagte van moord en ontvoering gepleit. Bewyse het hulle egter met die misdaad verbind, en hulle is skuldig bevind.

Vonnisse is opgelê as volg:

Modise: 20 jaar
Motshepe: 20 jaar
Raikane: 10 jaar
Magatshe: 10 jaar
Mosothoane: 10 jaar
Danke: 10 jaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button