Local news
Geen 24 uur reël om persoon as vermis aan te meld nie
Meld iemand onmiddellik as vermis aan.
Vir jare glo mense steeds daar moet 24 uur gewag word voordat mens iemand as vermis mag aanmeld. In Suid-Afrika moet jy iemand dadelik as vermis aanmeld sodra jy agterkom hulle word vermis. Daar is geen wagtydperk om ‘n vermiste persoon by die polisie aan te meld nie.’
Hier is die stappe wat jy moet neem om iemand as vermis aan te meld:
- Meld ‘n vermiste persoon dadelik by jou naaste polisiestasie aan.
- Bring ‘n onlangse foto van die vermiste persoon saam, indien moontlik.
- Gee ‘n volledige beskrywing van die vermiste persoon se laaste verblyfplek, klere wat hulle gedra het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
- Voltooi en onderteken ‘n SAPD 55(A)-vorm. Hierdie vorm beskerm die SAPD teen fopnuusverslae en vrywaar die SAPD om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
- Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede, en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar kan word.
- Indien ‘n vermiste persoon gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. ’n SAPD 92-vorm moet voltooi word om die Buro vir Vermiste Persone in kennis te stel dat die vermiste persoon se verslag uit die sirkulasiestelsel verwyder kan word.
Laat ons waaksaam wees en gesamentlik werk om gesinne bymekaar en veilig te hou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



