Local news

Geen 24 uur reël om persoon as vermis aan te meld nie

Meld iemand onmiddellik as vermis aan.

Vir jare glo mense steeds daar moet 24 uur gewag word voordat mens iemand as vermis mag aanmeld. In Suid-Afrika moet jy iemand dadelik as vermis aanmeld sodra jy agterkom hulle word vermis. Daar is geen wagtydperk om ‘n vermiste persoon by die polisie aan te meld nie.’

Hier is die stappe wat jy moet neem om iemand as vermis aan te meld:

  • Meld ‘n vermiste persoon dadelik by jou naaste polisiestasie aan.
  • Bring ‘n onlangse foto van die vermiste persoon saam, indien moontlik.
  • Gee ‘n volledige beskrywing van die vermiste persoon se laaste verblyfplek, klere wat hulle gedra het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  • Voltooi en onderteken ‘n SAPD 55(A)-vorm. Hierdie vorm beskerm die SAPD teen fopnuusverslae en vrywaar die SAPD om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede, en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar kan word.
  • Indien ‘n vermiste persoon gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. ’n SAPD 92-vorm moet voltooi word om die Buro vir Vermiste Persone in kennis te stel dat die vermiste persoon se verslag uit die sirkulasiestelsel verwyder kan word.

Laat ons waaksaam wees en gesamentlik werk om gesinne bymekaar en veilig te hou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button