Local newsSport

Die Crater Cruise is terug- verken die Koepel se grondpaaie

Vanjaar kan 'n totaal van R75 000 se prysgeld met die Crater Cruise Gravel Race gewen word.

Die Crater Cruise wat vir vyftien jaar sinoniem met Parys was, is terug! Vanjaar kan ‘n totaal van R75 000 se prysgeld met die Crater Cruise Gravel Race gewen word.
Dit vind plaas Sondag 8 Junie by Koedoeslaagte Trail Park in die hart van die ongerepte natuurskoon van die Vredefort Koepel wêrelderfenisgebied.

Die roetes is uitdagend, besonder mooi, en ‘n moet vir elke fietsryer om jou vernuf op die Koepel se grondpaaie te toets, sê Attie Koekemoer, organiseerder van die Crater Cruise.
Afstande sluit in die 145km Full Cruise, 92km Crater Cruise, 50km Half-Cruise en 15km Dirt Flirt. ‘n Groot aantal inskrywings word in die Elite en Junior-kategorieë verwag, maar die hardebaard en -boud veterane sal die grootste getalle opmaak. Die roetes wat gery word sal selfs Parysenaars wat bekend is met die Koepel-paaie, verras, sê Attie. Tot 80% persent van die 145km roete word langs die Vaalrivier gery en sal daar met van die roete tot by Kromdraaidrif gery word.

Jannes Koekemoer verken die Koepel-roetes. Hy het ook gehelp met die beplanning van die roetes. Foto: Verskaf

Die fietsren is geskik vir grondpad resiesfietse (gravel bikes) sowel as bergfietse. Die eerste wegspring is om 08:30, waarna daar met intervalle vir die onderskeie roetes weggespring sal word. Anders as met ‘n bergfietsren word daar nie alleen gery nie, maar in groepe.

Verskeie groot name in fietsrykringe sal na verwagting deelneem aan die Koepel se grootse grondpad fiets-uitdaging.

 

Die geleentheid word ondersteun deur die Free State Cycling Federation, Gauteng Gravel Series en die Northwest Cycling Union.
Koedoeslaagte is 12km buite Parys geleë en bied uitstekende fasiliteite vir fietsryers. Vroeë inskrywings kry ‘n 20% afslag. Inskrywings kan gedoen word by https://www.cratercycling.com/cratercruise.

Crater Cruise van toeka tot nou:

Die eerste Crater Cruise in 2004 aangebied, maar omdat daar daardie jare nie gravel bikes was nie, het fietsryers dikwels met bergfietse gery namate meer plaaspaaie op die roetes ingesluit is. Die laaste Crater Cruise is in 2019 aangebied waarna die wedren in 2020 weens Covid nie gehou kon word nie.

Vanjaar is die eerste keer dat fietsryers weer geleentheid sal hê om hul fiksheid op die roetes te kom toets met die verskil dat al die roetes nou in die Koepel gery sal word.
Die Crater Cruise het in die verlede by geleentheid ‘n rekordgetal van 2 800 deelnemers gehad.

‘n Gravel bike is ‘n resiesfiets met breër wiele, en is fietsrenne spesifiek vir dié fietse wêreldwyd baie gewild.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button