Local newsNews

So lyk dit nou by Vaaldam

Uitvloei by Bloemhofdam vanmiddag verhoog

Vaaldam is nou 103,94% vol met uitvloei gemeet op 16,80 kubieke meter per sekonde. Invloei word gemeet op 219,86 kubieke meter per sekonde. Daar is 4,6mm reën in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet.

Barrage staan op 97,27% met uitvloei gemeet teen 54,804 kubieke meter per sekonde. ‘n Totaal van 13,5mm reën is by die Barrage gemeet.

Bloemhofdam is 97,02% vol en word uitvloei teen 12:00 vanmiddag verhoog na 100 kubieke meter per sekonde.

Vaaldam – wat is die verskil tussen kleppe en sluishekke:

Daar is dikwels by die publiek verwarring oor kleppe en sluise by Vaaldam. Agt kleppe is aan die onderkant van die dam en is altyd oop om ‘n natuurlike vloei te verseker.  Daar word altyd water by die Vaaldam uitgelaat soos nodig vir gebruikers stroomaf en ter wille van ekologiese vloei. Die kleppe kan ook gebruik word om uitvloei by die dam te verhoog.  Sluishekke daarenteen is aan die bokant van die damwal en word oopgemaak soos nodig om beduidend meer water uit te laat slegs en wanneer nodig om hoë vloei deur die sisteem toe te laat. Die sluishekke sal of oop, of toe wees.

Let wel dat daar nie tans sluise by Vaaldam oop is nie.

Vaal Barrage het ook sluishekke en kan beheer word in terme van hoe groot dit oopgemaak word. Sodoende is daar beheer oor hoeveel water by Barrage uitgelaat word.

(Dank aan Marc de Fontaine, Reënval in SA Facebook-groep vir dié inligting).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button