Parys-rugbyklub meet vanaand kragte teen die span van Hennenman. Die wedstryd is op Hoërskool Parys se tuisveld en skop af om 20:00. Hekke open reeds om 18:30 en toegang is R10 per persoon. Ondersteuners is welkom om gasbraaiers en koelbokse te bring. Daar sal ook ‘n snoepwinkel en kosstalletjies beskikbaar wees.
Vanaand se kragmeting volg na verlede week se taai stryd teen Bultfontein toe die tuisspan die oorhand gekry het met ‘n wentelling van 26-24.
Marx Steenkamp, Robbie Petzer en JM du Plooy (x2) het vir Parys punte op die telbord gesit met drieë, terwyl Gerhard Greyling geslaag het met drie doelskoppe.


Spelers van die wedstryd was Marx Steenkamp en JM du Plooy.
Kom ondersteun vanaand Parys-rugbyklub se spelers wat tot dusver dié seisoen ‘n skitterende vertoning op die rugbyveld gelewer het.



