Local newsSport

Parys sal spiere moet bult dié week vir ligatrofee

Parys-rugbyklub se segetog in die Griffons Tweede liga, bereik dié week 'n hoogtepunt wanneer die liga-finaal Vrydag beslis word.

Vrydag 15 Mei is D-dag vir Parys-rugbyklub wanneer die tuisspan in die Griffons Tweede liga-finaal te staan kom teen Bultfontein. Die wedstryd skop af om 20:00 op Hoërskool Bultfontein se rugbyveld.

‘n Taai stryd word voorspel met Bultfontein wat verlede jaar met die ligatrofee weggestap het.

Parys-rugbyklub tydens ;n vroeëre kragmeting teen Bultfontein in April. Foto: Liezl Scheepers
Parys-rugbyklub tydens ‘n vroeëre kragmeting teen Bultfontein in April. Foto: Liezl Scheepers


Parys het in aanloop tot die finaal in April ook teen Bultfontein op Parys se tuisveld kragte gemeet en het Parys toe die besoekers ore aangesit met ‘n eindtelling van 26-24 in Parys se guns.


Alle oë is nou op Parys om Vrydag weer die spiere te bult om dié keer die ligatrofee huis toe te bring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button