Harde rugbystryd vir Parys vanoggend op sy tuisveld
Vandag se wedstryde volg na gemengde welslae wat Parys verlede naweek op die rugbyveld gehad het toe daar teen Alberton gespeel is.
Aksiebelaaide skolesport word vanoggend op Hoërskool Parys se rugbyveld gesien wanneer Parys se rugbspanne, die spanne van Panorama van Kempton Park die stryd aansê.
Vanoggend se wedstrydprogram lyk so:
08:00 – o14’s
09:00 – o15’s
10:05 – Tweede spanne
11:10 – o16’s
12:15 – Eerste spanne
Ondersteuners is baie welkom langs die veld. Toegang is R10 per persoon en R20 per voertuig.
Parys se rugbyspanne het verlede Saterdag in Alberton teen Alberton High gespeel. Die uitslae het so gelyk:
Eerste span – 18-8 in Alberton se guns
Tweede span – 19-10 in Parys se guns
o16’s – 26-15 in Parys se guns
0.15’s – 51-0 in Parys se guns
o14’s – 10-8 in Alberton se guns





