NewsNews

Burgemeester moet help om rioolprobleem reg te stel

Was dit nie vir die Ngwathe burgemeester se vinnige optrede die afgelope naweek om ’n verstopte mangat weer oop te kry nie, het ’n gastehuis in die dorp dalk steeds met die stank en verleentheid van rioolwater wat by die mangat uitloop, gesit.

Was dit nie vir die Ngwathe burgemeester se vinnige optrede die afgelope naweek om ’n verstopte mangat weer oop te kry nie, het ’n  gastehuis in die dorp dalk steeds met die stank en verleentheid van rioolwater wat by die mangat uitloop, gesit.
Die rioolwater het verlede week al begin uitstoot by die mangat in Mollstraat, waar dit dan in die Vaalrivier inloop. Teen Saterdag het munisipale werkers probeer om die probleem reg te stel, maar Sondag was dit weer so.
Dis eers nadat DA-raadslid Saal de Jager ingegryp het en die burgemeester, Joey Mochela se dringende hulp gevra het, en haar ingelig het dat SAVE en die media ook bewus is van die riool-oorloop, dat die probleem reggestel is.
Die oënskynlike gebrek aan gereelde instandhouding van Parys se rioolstelsel skep knaend probleme in die dorp. So het Gazette al male sonder tal berig oor  rioolverstoppings in die Tumahole-woonbuurt, wanneer rioolwater in die watervoor inloop wat die Rooidam voer. Dit is uit hierdie dam waaruit Parys sy leiwater onttrek. Water waarvoor inwoners betaal, en ook deur baie in hul tuine gebruik word.
Teen Maandagoggend moes inwoners op die We Care Whatsapp groep hulp vra nadat daar al die afgelope 3 weke aaneen rioolverstoppings in Schochetstraat in die dorp se nywerheidsgebied is. Rdl. De Jager het die munisipale bestuurder se hulp gevra en is tereg ook gevra waarom so lank gesloer word om probleme reg te stel?
Gazette het die munisipale bestuurder en munisipale woordvoerder per e-pos om kommentaar genader en sal hul terugvoer publiseer sodra kommentaar ontvang word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button