Nege spelers van Parys-rolbalklub het ingeskryf vir die Noordwes Rolbal enkelspelkampioenskappe wat hierdie naweek begin.
Die aksie vir die drie vroue, Tracy Jacobs, Magdel O’Dono-ghue en Gesina Kritzinger, vind in Klerksdorp plaas by die Klerksdorp-rolbalklub. Die ses mans wat ingeskryf het is Raymond Laubser, Rudi Jacobs, Jaco Nel, Dries de Jager en Henk Prinsloo. Hulle speel by Strathvaal in Stilfontein of die Buiteklub in Potchefstroom. Marius Botha van Parys gaan outomaties deur na die volgende ronde, aangesien sy opponent in die eerste ronde onttrek het.*Die Jacobs egpaar, Rudi en Tracy, ook van Parys, vertrek eersdaags na Kimberley vir die Nasionale Gemengde Pare kampioenskap. Rudi is ook weer ingesluit in die Protea rolbalspan wat in November en Desember in Christchurch, Nieu-Seeland aan die wêreltoernooi gaan deelneem.



