Johan Lötter kom gesels oor die voëls van Namibië wanneer Feather Voëlklub op Donderdag 23 Junie by die Sally Martin Park saal in Parys vergader. Die vergadering begin om 18:30 en na afloop van die praatjie is daar sop-en-brood beskikbaar.
Die klub se maandelikse uitstappie is op Saterdag 25 Junie na die Vredefort dam. Die groep vertrek om 07:00 vanaf die Pick & Pay parkeerterrein. Bring jou verkyker, piekniekmandjie en ’n stoel saam. ’n Warm baadjie is ook ’n moet omdat dit baie koud is langs die water.
Belangstellendes is welkom om hierdie geleenthede by te woon. Vir navrae skakel Hansie Bekker by 056 811 4754 / 082 820 4306 of Sanita Kemp by 072 421 8799.



