Skool maak wenners se name bekend
Parys Primêre Skool sê dankie aan elkeen in die gemeenskap, elke leerder en ouer van die skool, wat hulle ondersteun het met die skool se Beeskaartjie-projek. Leerlinge het met die projek elkeen die geleenheid gehad om kaartjies teen R20 stuk te verkoop. Vir elke vol boekie wat ’n leerling verkoop het, het hy/sy R10 van die R100 terug ontvang as bonus. So kon leerders vir hulself sakgeld losslaan!
Parys Primêre Skool sê dankie aan elkeen in die gemeenskap, elke leerder en ouer van die skool, wat hulle ondersteun het met die skool se Beeskaartjie-projek.
Leerlinge het met die projek elkeen die geleenheid gehad om kaartjies teen R20 stuk te verkoop. Vir elke vol boekie wat ’n leerling verkoop het, het hy/sy R10 van die R100 terug ontvang as bonus. So kon leerders vir hulself sakgeld losslaan!
Vir die top 50 leerlinge wat die meeste kaartjies verkoop het, wag daar ook’n lekker verrassing. Hulle word Maandag 20 Junie by die Spur bederf.
Die dogter en seun wat elk die meeste kaartjies verkoop het, kry elkeen ’n splinternuwe fiets.
Die wenners is Scharné de Bruyn wat altesaam 250 kaartjies verkoop het, en Cilliers Kruger wat 130 kaartjies verkoop het.
Die wen trekking is op Donderdag 9 Junie gehou. Die wenners van die onderskeie pryse is:
4e prys: Wildsrit vir 2 persone by Chazen Nature Conservation gewen deur Louise Hully. (Kaartjie Tiani Prins)
3e prys: MegaZip in die Koepel vir 4 persone gewen deur Jan-Hendrik Helm van Lydenburg.
2e prys: 3 Nagte vir 6 persone by Sebe Sebe Lodge gewen deur Barney van Heerden. (Kaartjie Yaounde Litchfield)
1e prys: Slagbees gewen deur Louis Rabbie, Eersterus Pretoria (Kaartjie Patric Rabbie).
Die projek is moontlik gemaak danksy Conrad van der Westhuizen, Karel Kerling, Ruan Ferreira, Micha Viljoen en Tony Jardim.