Kampioenkroon toe nie vir Parysenaars beskore
Parys rolbalklub se verteenwoordigers in die Noordwes Kampioen van Kampioene toernooi wat oor die naweek in Klerksdorp plaasgevind het is nie as kampioene gekroon nie. Stompie Kritzinger was tweede in haar afdeling met die uiteindelike kampioen, Helen Jansen van Strathvaal, wat gewen en in die finaal teen Christine Marais gespeel het.

Parys rolbalklub se verteenwoordigers in die Noordwes Kampioen van Kampioene toernooi wat oor die naweek in Klerksdorp plaasgevind het is nie as kampioene gekroon nie.
Stompie Kritzinger was tweede in haar afdeling met die uiteindelike kampioen, Helen Jansen van Strathvaal, wat gewen en in die finaal teen Christine Marais gespeel het.
Stompie het afgereken met Burnadine Muller van Orkney (21-18), Trudie Bouwer van Delareyville (21-10) en Marleen Potgieter van Coligny (21-9).
Raymond Loubsher was derde in sy afdeling ná oorwinnings oor Eddie Gaeonale van Weermag (21-8), Hennie van der Berg van Delareyville (21-13) en Chris Lourens van Ventersdorp (21-2).
Die volgende Noordwes-rolbaltoernooi is die Meesterskampioenskap wat van vanjaar ook ‘n o.30 afdeling sal hê.
Parys se Rudi en Tracy Jacobs kon ongelukkig ook nie hul afdeling tydens die onlangse SA Gemengde Pare toernooi in Kimberley wen nie.



