D-dag op die rugbyveld vir Parys
Vir die derde agtereenvolgende jaar speel rugbyspanne van Hoërskool Parys Saterdag 13 Augustus in die Beeldtrofee kwartfinaal vir Middelskole op hul tuisveld hier in Parys. Die eerstespan en o.14-span het twee weke gelede deurgedring na die kwartfinaal deur onderskeidelik Anker-skool (Vanderbijlpark) en Rhodesfield (Kemptonpark) in die finale van die Valke-ligas te klop.
Vir die derde agtereenvolgende jaar speel rugbyspanne van Hoërskool Parys Saterdag 13 Augustus in die Beeldtrofee kwartfinaal vir Middelskole op hul tuisveld hier in Parys.
Die eerstespan en o.14-span het twee weke gelede deurgedring na die kwartfinaal deur onderskeidelik Anker-skool (Vanderbijlpark) en Rhodesfield (Kemptonpark) in die finale van die Valke-ligas te klop.
Volgens die afrigters, mnre. Lucien van Zyl (jr.) en Roan de Milandr, is die spanne baie positief en gemotiveerd. Die spanne het ook die voordeel dat hulle nog geen ernstige beserings hierdie jaar gehad het nie, en dus met hulle sterkste spelers kan meeding.
Parysenaars – kom ons ondersteun hierdie spanne Saterdag op Hoërskool Parys se rugbyvelde. Die o.14-span speel om 10:00 teen Hoërskool President (Johannesburg) en die eerstes pan ding om 11:00 mee teen Carletonville. As die spanne deurdring, sal hulle teen die wenners van Noord-Wes en Limpopo uitspeel in die halfeindrondtes.



