Leeu-aanval: Seun was wees
Die polisie het pas die identiteit bekendgemaak van die 12-jarige seun wat vanoggend gesterf het nadat hy deur 'n leeu op Otavi net buite Parys aangeval is. Hy was Nkalamelo Latha, wat as weeskind by sy ma se suster en swaer gebly het. Sy swaer is werksaam by Otavi as toesighouer, het die polisie gesê.
Die polisie het pas die identiteit bekendgemaak van die 12-jarige seun wat vanoggend gesterf het nadat hy deur ‘n leeu op Otavi net buite Parys aangeval is. Hy was Nkalamelo Latha, wat as weeskind by sy ma se suster en swaer gebly het. Sy swaer is werksaam by Otavi as toesighouer, het die polisie gesê.
Nkalamelo het na bewering volgens die polisieverslag saam met ‘n werker in die leeukamp ingegaan waarop die leeus die seun aangeval het. Die werker kon daarin slaag om te vlug en is nie beseer nie.
Nkalamelo het ernstige kopwonde gehad en het aan sy beserings beswyk voordat hy by die hospitaal kon kom. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag teen die werker.



