BlogsOpinions

Uit my dagboek: Nuwe Pa; Slaaptyd volle omvang van emosies

Emosies is ‘n groot deel van kinders grootmaak. My vrou het onlangs in trane uitgebars toe Aiden sy eerste twee woord sin gesê het. “Mamma koekie,” was sy woorde, sy was so trots dat sy sommer vir hom nog twee koekies gegee het. Hoe ouer hy raak hoe meer emosies raak betrokke. Veral wanneer dit by slaaptyd kom. Ek het nooit gedink dat een mens jou volle spektrum van emosies kan ervaar in so kort tydperk nie. Aiden het nou begin om teen slaaptyd te rebelleer, in die verlede was dit baie maklik ons het hom neer gelê met sy bottel en daar was nie verder moeilikheid nie. Deesdae is dit eers ’n geskree en gekerm voordat hy slaap. Dit het als begin toe hy siek was so rukkie terug, ons het hom jammer gekry met die gevolg dat hy saam met ons in die bed geslaap het. Ek kan sien wanneer hy begin moeg raak, ons maak vir hom sy bottel en lê hom neer.

Emosies is ‘n groot deel van kinders grootmaak.
My vrou het onlangs in trane uitgebars toe Aiden sy eerste twee woord sin gesê het. “Mamma koekie,” was sy woorde, sy was so trots dat sy sommer vir hom nog twee koekies gegee het. Hoe ouer hy raak hoe meer emosies raak betrokke. Veral wanneer dit by slaaptyd kom. Ek het nooit gedink dat een mens jou volle spektrum van emosies kan ervaar in so kort tydperk nie. Aiden het nou begin om teen slaaptyd te rebelleer, in die verlede was dit baie maklik ons het hom neer gelê met sy bottel en daar was nie verder moeilikheid nie.
Deesdae is dit eers ’n geskree en gekerm voordat hy slaap. Dit het als begin toe hy siek was so rukkie terug, ons het hom jammer gekry met die gevolg dat hy saam met ons in die bed geslaap het. Ek kan sien wanneer hy begin moeg raak, ons maak vir hom sy bottel en lê hom neer.
Hy lyk so rustig dat mens se hart dadelik sag word jy verwonder jouself aan jou pragtige kind. Dan raak die bottel klaar en hy begin huil. Ons gaan sus hom, steeds met ’n sagte hart, maar dan begin mens agterkom dat hy kalm raak wanneer jy hom optel en weer begin skree sodra jy hom neer sit.
Dan raak die hart ’n bietjie harder, jy self raak bietjie kwaaier. Mens probeer streng wees en ’n klein bietjie raas maar kom vinnig agter dat dit nie werk nie. Naderhand probeer mens onderhandel, maar hy verstaan nog nie so dit werk ook nie.
Uiteindelik is mens moedeloos die trane lê vlak want jy wil ook in die bed gaan klim omdat jy al van 05:00 af wakker is.
Net voor jy dink jy gaan nou heeltemal mal word dan sien jy hoe raak hy rustig. Sy asemhaling raak rustiger en hy dryf weg in droomland.
Dan kom dit terug, die verwondering van die mooi kind wat soos ’n engel lê en slaap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button