SANBD nooi gemeenskap om bloed te skenk
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 13 September by die Hervormde kerksaal Parys vanaf 13:00 tot 19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel. September is tradisioneel ʼn moeilike tydperk vir die SANBD, weens die rekordeksamens. Daar is dikwels nie genoeg bloedskenkklinieke by maatskappye om die gapings van afwesigheid van bloedskenkklinieke by skole en tersiêre instellings te vul nie. Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 13 September by die Hervormde kerksaal Parys vanaf 13:00 tot 19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel. September is tradisioneel ʼn moeilike tydperk vir die SANBD, weens die rekordeksamens. Daar is dikwels nie genoeg bloedskenkklinieke by maatskappye om die gapings van afwesigheid van bloedskenkklinieke by skole en tersiêre instellings te vul nie.
Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer
3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
•Tussen die ouderdom van 16-65 wees
•Meer as 50kg weeg
•Iets voor jou skenking eet
•ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
•Gesond wees op die dag van skenking
Alle bloedgroepe is baie belangrik maar spesifiek Groep O negatief omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe.
Help om ʼn bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun.



