Reënchaos: Ons maak reg want dit is ons fees
nie. Hierdie is Parys se fees en die dorp sit alles in om seker te maak die Vrystaat/Madeira blommefees wys nie net die blommeprag van derduisende blomme, honderde dansers en kleurryke vlotte nie, maar hoe n dorp en sy inwoners kan saamwerk.

Reën of stormweer – dit maak nie saak nie. Hierdie is Parys se fees en die dorp sit alles in om seker te maak die Vrystaat/Madeira blommefees wys nie net die blommeprag van derduisende blomme, honderde dansers en kleurryke vlotte nie, maar hoe n dorp en sy inwoners kan saamwerk.
Ná gisteraand (Vrydag 11 November) se swaar reën en wind wat die feesvieringe op die feesterrein in die dorp se hoofstraat skielik kortgeknip het, is die tapyt met duisende blomme gepak, in die reënchaos met n voertuig beskadig.
Plaaslike inowoners wat nou gemoeid was met die reëlings vir die fees die afgelope weke het die skade net voor 06:00 vanoggend gesien en net daar besluit – ons maak reg. N Uur later en die werk is gedoen.
Kyk jy na die vele mooi sypaadjie-versierings wat gemaak is deur individue en besighede vir vandag Saterdag 12 November se groot feesvieringe, weet jy Parys is reg vir sy eerste fees. Die dorp blom want sy inwoners is trots Parys!
En as n bonus skyn die son vir die talle besoekers wat met ope arms in Parys verwelkom sal word.





