
Die slenter word lewensgetrou genoeg aangebied sodat jy dalk daarvoor sal val en dan is dit te laat.
FNB maak dit duidelik dat sy kliënte nie op ’n e-pos moet reageer waarin daar gewaarsku word dat FNB se veiligheidspan jou aanlyn bankrekening gaan sluit “omdat jy dit versoek het” nie.
Met so e-pos sal jy jou in ‘n ander bloedgroep skrik en dadelik die skakel oop maak.
Die slenter is as volg
- Die e-pos sal jou inlig ’n proses is deur die bank se veiligheidspan aan die gang gesit omdat jy die keuse uitgeoefen het om jou aanlyn FNB-rekening te sluit.
- Jy sal voorts ingelig word jou rekening en bankkaart is ingekort en jou aanlyn bankrekening sal binne 24 uur ná ontvangs van die e-pos geblok word.
- Die e-pos verskaf ’n skakel waarop jy moet klik as jy nie die kansellasie van jou aanlyn dienste versoek het nie
- ’n Volgende skakel sal geklik moet word om ’n PDF-dokument met die nodige aanwysings daarin, oop te maak.
FNB vra kliënte om nie die skakel oop te maak nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





