NewsNews

Dinge lyk ietwat beter vir die Vaaldam

Die afgelope paar weke het die Vaaldam sover elke dag ‘n styging in die watervlak getoon.

vaaldam

Daar was groot kommer toe die Vaaldam se watervlak gedurende September tot minder as 26% gedaal het.

Te danke aan reënval in die opvangsgebied asook water wat vanaf die Sterkfonteindam vrygestel is, het die Vaaldam se watervlak op 8 Desember  op 38.6% gestaan.

 

Vaaldam watervlak soos aangedui deur Rand Water.

Hoewel die watervlak stadig maar seker styg word inwoners steeds gevra om water spaarsamig te gebruik.

Ander damme se watervlak lyk as volg:

Sterkfonteindam: 87%

Grootdraaidam: 83.3%

Bloemhofdam: 19.9%

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button