NewsNews

Man kritiek na aanval op kleinhoewe

        Vereeniging – ‘n 64-Jarige man is in ‘n kritieke toestand na hy deur gewapende rowers op ‘n kleinhoewe by oorval en twee keer geskiet is. Wendy Barnard het aan Maroela Media gesê haar pa, Raymond Forbes, haar ma, Hester, en ouma het geslaap toe ‘n geluid hulle in die vroeë oggendure op …

 

 

 

 

Vereeniging – ‘n 64-Jarige man is in ‘n kritieke toestand na hy deur gewapende rowers op ‘n kleinhoewe by oorval en twee keer geskiet is.

Wendy Barnard het aan Maroela Media gesê haar pa, Raymond Forbes, haar ma, Hester, en ouma het geslaap toe ‘n geluid hulle in die vroeë oggendure op 8 Desember wakker gemaak het. Raymond het gaan ondersoek instel waar hy in een van die rowers vasgeloop het. Die rower het op hom geskiet, maar dit was mis. Raymond het hom gestorm en terwyl hulle gestoei het, het een van die rowers van buite na binne gekom en hom twee keer geskiet.

Hy het op die vloer inmekaar gesak. Die aanvallers is daarna na Hester se ouma se kamer waar hulle ‘n geweer teen haar kop gehou het en beveel het om te slaap. Hulle het toe Hester gedwing om die kluis oop te sluit.

Die aanvallers het met juweliersware, elektroniese ware, selfone en die egpaar se voertuig op vlug geslaan. Hulle het toegang tot die huis verkry deur een van die vensterknippe oop te breek om die venster oop te maak asook die skuifdeur.

Na die rowers gevlug het, het Hester deur die veld in die donker gehardloop en oor draadheinings geklim om die bure vir hulp te vra.

Raymond is in die in sy arm en rug gewond en tans in ‘n kritieke toestand in die Sebokeng-hospitaal. Hy is ook aan ‘n ventilator gekoppel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button