2017 vol belofte vir hengelaars
Hengelaars het sommer aan die begin van 2017 bewys dat hulle vol entoe- siasme is vir die jaar wat voorlê. Ná al die feestelikheid en die lekker reën wat geval het in en om Parys, het 20 hengelaars vir die eerste kompetisie vir 2017 ingeskryf. Die kompetisie is gebou by die Die Walle. Altesame 63 visse is gevang. Die dames-afdeling is gewen deur Veronica Spaarwater, terwyl die mans-afdeling deur ’n nuweling in die klub, Jacques Wessels, gewen is. Die karp was gelood as poelvis van die dag en is gevang deur Barry Dreyer.

Hengelaars het sommer aan die begin van 2017 bewys dat hulle vol entoe- siasme is vir die jaar wat voorlê. Ná al die feestelikheid en die lekker reën wat geval het in en om Parys, het 20 hengelaars vir die eerste kompetisie vir 2017 ingeskryf. Die kompetisie is gebou by die Die Walle. Altesame 63 visse is gevang.
Die dames-afdeling is gewen deur Veronica Spaarwater, terwyl die mans-afdeling deur ’n nuweling in die klub, Jacques Wessels, gewen is. Die karp was gelood as poelvis van die dag en is gevang deur Barry Dreyer.
Welkom aan al die nuwe klublede, asook nuwe en bestaande bestuurslede.
Die volgende hengelkompetisie vind plaas op 11 Februarie by Koppiesdam (Natuurbewaringskant). Hengelaars kom binne die hek bymekaar om 06:00. Hengeltyd is van 07:00 tot 15:00.
Alle voornemende hengelaars en belangstellendes word genooi om deel te word van hierdie sosiale hengelklub. Vir meer inligting skakel Kobus Kriek by 082 878 2579 of Veronica Spaarwater by 072 631 1133.



