Dis 250 vir Egweni River Lodge parkrun
parkrun is vir almal en 'n geleentheid waarna jy elke week kan uitsien.

‘n Besondere mylpaal is vanoggend in Parys behaal toe die 250ste Egweni River Lodge parkrun aangebied is. Heelwat besoekers het ook deelgeneem. Onder hulle was Nathalie Alexander van Johannesburg wat haar 200ste parkrun hier in Parys vandag voltooi het.
Die Egweni River Lodge parkrun is begin op 9 Oktober 2021 en word elke Saterdagoggend om 08:00 by Egweni River Lodge gehou.





Vanoggend is deelnemers boonop danksy JP de Villiers bederf met koek en heerlike kolwyntjiekoekies om die 250 mylpaal vir die Egweni River Lodge parkrun te vier.


parkrun is vir almal
parkrun is vir almal, ongeag ouderdom of fiksheidsvlak. Deelnemers kan stap, draf, hardloop of as vrywilligers diens doen. Hetsy dit as gesin is, met ‘n stootwaentjies of met een hond aan ‘n leiband – jy is welkom om deel te neem.
Deelname is gratis en neem die skilderagtige 5 km-roete van die Egweni River Lodge parkrun deelnemers al langs die Vaalrivieroewer.


parkrun-byeenkomste maak staat op vrywilligers om die parkrun-byeenkomste te kan aanbied, en is Parys bevoorreg om nie net plaaslike inwoners nie, maar ook besoekers te hê wat gereeld bereid is om hul tyd af te staan en as vrywilligers te help.

Gesels jy met die parkrunners kom jy gou agter – dis ‘n groep mense wat hul passie vir die natuur, en om aktief te wees deel, en dat hierdie parkrunners soos familie vir mekaar word wat uitsien na elke Saterdagoggend se weer sien by die parkrun wegspring.





