NewsNews

Vaal se moordvis toe net ’n boot

Van der Westhuizen bly in die Edge of the Vaal-landgoed op die oewer van die Vaalrivier oorkant Stonehaven, en het Maandag sy Seabreacher Z-model Killerwhale vir sy derde rit op die rivier geneem.

Van der Westhuizen bly in die Edge of the Vaal-landgoed op die oewer van die Vaalrivier oorkant Stonehaven, en het Maandag sy Seabreacher Z-model Killerwhale vir sy derde rit op die rivier geneem.
Maar met die baie reën van die afgelope paar weke was die water vuil met heelwat stompe en opdrifsels en is die boot toe deur Jan Publiek aangesien as ’n “moordvis”of selfs “reuse krokodil”.
Van der Westhuizen se onderneming voer die toertjiebote wat in die vorm van vereskeie seegediertes van witdoodshaaie tot dolfyne kom, in van die VSA. Die bote kan duik, spring en drie-as-draaie maak.
Jy moet ’n  standaard skipperslisensie hê om die bote wat as semi-duiboot-vaartuie erken word, te kan ry. Die bote word meestal met die loods se voete beheer.
Só ’n speelding kan jou sowat R1,6 miljoen kos en bote word volgens die kliënt se behoeftes gemaak. Van der Westhuizen se moordvis-boot kan 85km/h bo die water ry en sowat 45km/h onder die water op ’n  diepte van tussen een en twee meter.

Foto's: Jannie du Plessis, Vaalweekblad
Foto’s: Jannie du Plessis, Vaalweekblad

634A4059-520x347 DSC00457-520x292

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button