
Wêreld Kankerdag word op 4 Februarie gevier. Kanker raak vandag 14 miljoen mense jaarliks, hetsy deurdat jy self ge- diagnoseer word of iemand naby aan jou die siekte het.
Die nuutste navorsing het getoon dat een uit elke vier Suid-Afrikaners kanker het – ’n syfer van 100 000 Suid-Afrikaners elke jaar. Negentig persent van kankers word veroorsaak deur omgewingsfaktore of verkeerde leefstylgewoontes. Wat min mense egter weet is dat ses uit elk 10 kankerpasiënte in Suid-Afrika kanker oorleef.
Kanker raak ons almal. Kom ons maak die wêreld bewus hiervan. Elke leser, oorwinnaar, pasiënt en ondersteuner kan nou ’n boodskap op hul hand skryf, byvoorbeeld: “Baklei vir kanker,” “Ondersteun Kansa,” “Wees waaksaam,” ens.
Plaas dan die foto met hande-boodskappe op sosiale media.



