NewsNews

Werker word flou in mangat

MEYERTON. – ‘n Tragedie het vandag in Riversdale afgespeel toe een van die munisipale werkers in ‘n mangat geklim, en flou geword het.

Die mangat waarin die munisipale werker geklim en flou geword het.

Die mangat waarin die munisipale werker geklim en flou geword het.

Midvaal Brandweer was spoedig op die toneel waar hulle die man bewusteloos in die mangat, van sowat vyf meter diep, aangetref het. Die helfte van sy lyf het in die riool gelê. Hy het vermoedelik flou geword weens die rioolgasse in die mangat.

‘n Brandweerman van Midvaal Brandweer het in die mangat geklim en die munisipale werker op suurstof geplaas, terwyl die ander brandweermanne die toerusting gereed gekry het om die reddingspoging uit te voer.

Te danke aan Midvaal Brandweer se flink optrede kon hulle daarin slaag om die werker betyds uit die mangat te trek. Hy is in ‘n ernstige toestand deur ER24 hospitaal toe geneem.

 

Brandweermanne van Midvaal Brandweer kon die munisipale werker betyds red.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button