NewsNews

Vakansiewerkswinkel vir kinders leer hulle van San-kuns

‘n Opwindende vakansiewerkswinkel vir kinders wat fokus op die bydrae van die San-kunstenaars (Boesmankunstenaars) van Suid-Afrika word op Donderdag 6 April van 10:00 tot 12:00 by die Hoofmuseum (h/v Sol Plaatjie- & Wolmaransstraat in Potchefstroom aangebied. Laerskool leerlinge word spesiaal genooi om só wêreldkunsdag voortydig saam met die Potchefstroom Kunsvereniging te vier. Wêreldkunsdag word jaarliks …

‘n Opwindende vakansiewerkswinkel vir kinders wat fokus op die bydrae van die San-kunstenaars (Boesmankunstenaars) van Suid-Afrika word op Donderdag 6 April van 10:00 tot 12:00 by die Hoofmuseum (h/v Sol Plaatjie- & Wolmaransstraat in Potchefstroom aangebied. Laerskool leerlinge word spesiaal genooi om só wêreldkunsdag voortydig saam met die Potchefstroom Kunsvereniging te vier. Wêreldkunsdag word jaarliks op 15 April wêreldwyd gevier om die belangrikheid van visuele kuns in die samelewing te erken.
Elna Venter, bekende skilder en skrywer van ‘n kunsboekreeks, bied die kursus aan. Sy is ‘n kunsdosent aan die Kreatiwiteitsentrum van die Noordwes-Universiteit se Pukkampus en het jare lank kinderkunsklasse aangebied. San-kuns (boesmankuns) lê haar na aan die hart omdat dit die eerste kuns in Suid-Afrika was. Dit is duisende jare gelede deur ’n oer-menslike samelewing beoefen. “Die ryk erfenis van rotskuns verbreed nie net ons kennis oor hoe hul kuns gemaak het nie, maar vertel ook meer oor hoe hul geleef het,” sê sy. In Suid-Afrika bestaan daar ongeveer 15 000 rotskunsterreine.
In dié kursus fokus Elna op die verskillende soorte rotskuns nl. rotsgravures en rotstekeninge of-skilderye. Sy vertel meer oor die geskiedenis van rotskuns, wys voorbeelde en vertel meer van twee bekende San-kunstenaars, Joao Dikuanga en Vetkat Kruiper, wat in die rotskunsstyl werk. Daarna kry leerlinge die geleentheid om hul eie kunswerke te skep!
Die koste van die werkswinkel is R50 per kind wat gebruik word om kunsmateriaal aan te koop. Bespreek plek voor/op Maandag 3 April deur die inskrywingsfooi vooraf te betaal. Inskrywingsvorms met bankbesonderhede is by potckuns@gmail.com te kry. Stuur ‘n epos met Rotskuns in die onderwerp of skakel Elna by 072 482 3690 met navrae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button