Kry ’n spog aandrok, pak of matriekafskeidrok
Moeg gesoek na daardie aandrok, pak klere, matriekafskeidsrok, bykomstighede of selfs trourok van jou drome wat net nie in jou begroting wil pas nie? Hier is die perfekte oplossing vir jou. Al gehoor van Lady Bujari? Dit beteken Generous Lady en sê is presies wat dié unieke gemeenskap- en fondsinsamelingsprojek van Najaarsrus in die gemeenskap …

Moeg gesoek na daardie aandrok, pak klere, matriekafskeidsrok, bykomstighede of selfs trourok van jou drome wat net nie in jou begroting wil pas nie? Hier is die perfekte oplossing vir jou.
Al gehoor van Lady Bujari? Dit beteken Generous Lady en sê is presies wat dié unieke gemeenskap- en fondsinsamelingsprojek van Najaarsrus in die gemeenskap van Parys wil doen.
Met die projek kan jy nou enige aanddrag, matriekafskeidrok, trourok of bykomstighede aan Najaarsrus skenk wat dit dan weer sal uitverhuur, of kan die tehuis dit selfs namens jou verkoop teen ’n 10% fooi as jy dit nie wil skenk nie.
Op dié manier kan mense maklik en bekostigbaar ’n uitrusting kies om te huur of te koop teen ’n billike prys, en terselfdertyd samel Najaarsrus met die projek geld in vir finansiële steun vir die 20 behoeftige bejaardes by die tehuis wat nie daartoe instaat is om hul verblyf te kan betaal hetsy in die verswakte afdeling of woonstelle nie.
Mense kan reeds op 30 Junie van 12:00 tot 18:00 en op 1 Julie van 09:00 tot 17:00 in die Dienssentrum by Najaarsrus kom kyk na die prag skeppings wat hier te koop en te huur is.
Met die projek kan jy ’n verskil maak deur jou skenking of bydrae, of selfs ondersteuning van die projek.
Daar is reeds ’n paar borge vir naels ontvang vir die Lady Bujari-projek en mense wat graag borgskappe verkieslik in die vorm van geskenkbewyse kan gee vir grimering, hare, juwele en selfs fotografie is ook welkom. Só kan jy iemand anders se droom bewaarheid.
Vir meer inligting, as jy die projek wil ondersteun of as jy dalk ’n aandrok of matriekafskeidrok het wat net in die kas hang en stof vergaar, skakel Estie van der Merwe by 072 927 0015 of Hannelie Keyser by 082 7769 629. Moet ook nie vergeet om na die ekspo te kom kyk nie. Jy kry dalk net die idee vir die matriekafskeidrok waarna jy gesoek het, of die handsak wat jy nie kry nie.



