NewsNews

Vrou doodgery op R59

‘n Tragedie het gister op die R59 afgespeel toe ‘n jong vrou deur ‘n vragmotor doodgery is. Die vrou het na bewering uit haar voertuig geklim omdat sy van agter in ‘n ander voertuig vasgery het. ‘n Aankomende vragmotor het haar getref. Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Livhuhani Hani, sê ‘n 21-jarige vrou het in die …

Die vrou het na bewering uit haar voertuig geklim omdat sy van agter in ‘n ander voertuig vasgery het. ‘n Aankomende vragmotor het haar getref.

Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Livhuhani Hani, sê ‘n 21-jarige vrou het in die rigting van Sasolburg in mistige toestande en druk verkeer gery toe sy met haar motor teen ‘n motor voor haar gebots het.

Verkeer is vroeër vandag na die R59 herlei omdat daar ‘n ongeluk op die R82 was.

‘n Deel van die R82 was vir verkeer gesluit nadat ‘n vragmotor vermoedelik ‘n ander vragmotor verbygesteek het en reg van voor teen ‘n aankomende motor gebots het. Twee mense in dié motor is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas.

Die voorval waar die vrou doodgery is, het tussen Sasolburg en Vereeniging plaasgevind.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button