NewsNews

Student deur “profeet” beroof

Die polisie ondersoek ‘n saak van roof nadat ‘n damestudent deur, ‘n man wat homself as ‘n profeet voorgegee het, beroof is. Die polisie ondersoek ‘n saak van roof nadat ‘n damestudent deur, ‘n man wat homself as ‘n profeet voorgegee het, beroof is. Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die student omstreeks 12:00 Vrydagmiddag (1 …

Die polisie ondersoek ‘n saak van roof nadat ‘n damestudent deur, ‘n man wat homself as ‘n profeet voorgegee het, beroof is.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die student omstreeks 12:00 Vrydagmiddag (1 September) deur drie mans in ‘n swart Volvo voorgekeer kort nadat sy die kampus verlaat het.

“Die mans het vir rigtingaanwysings gevra, maar voordat die student kon antwoord het een van die mans haar op haar genoem waarna hy gesê het dat hy ‘n profeet is,” het Manyoba gesê.

Na ‘n geselskap het die profeet die student oortuig om haar sak met skootrekenaar en selfoon in by hulle te los om vir hom te gaan water koop. Die student het vir die profeet gaan water koop maar nadat sy terug gekeer het van die winkel af was die voertuig weg gewees met al haar besittings.

“‘n Saak van rooftog word ondersoek maar nog niemand is in hegtenis geneem nie,” het Manyoba gesê.

Sy het inwoners gemaan om nie met vreemde mense te praat nie.

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button