Stofstorms is hopelik voorlopers vir goeie reënseisoen Volgens weerkenners voorspel dit ‘n goeie reënseisoen as die wind so sterk in die laatwinter en vroeë lente waai. Dis alreeds heerlike lente en te oordeel aan die Augustus-winde wat sterk gewaai het, wag daar ‘n goeie reënseisoen hierdie somer. Die wind het veral in die laaste twee …

Stofstorms is hopelik voorlopers vir goeie reënseisoen
Dis alreeds heerlike lente en te oordeel aan die Augustus-winde wat sterk gewaai het, wag daar ‘n goeie reënseisoen hierdie somer. Die wind het veral in die laaste twee weke van Augustus by tye erge stofstorms veroorsaak. Dié foto is op 22 Augustus tydens een so ‘n stofstorms deur Vaalweekbladleser, Willem Piater, tussen Randvaal en Meyerton geneem. Al was dit skaars na 17:00 die middag, was die sonlig amper heeltemal uitgedoof deur die stof. Volgens weerkenners voorspel dit ‘n goeie reënseisoen as die wind so sterk in die laatwinter en vroeë lente waai. Die Vaaldam se vlak is tans op ‘n gesonde 89% en hopelik word ons gebied die kwaai droogte van verlede jaar hierdie tyd, gespaar.



