Kunswaardering vir die jeug
Skoolkinders het nou die geleentheid om meer te leer oor kunswaardering en hoe na kuns en skilderye gekyk behoort te word by skilder Coral Fourie se uitstalling getiteld “Passages through time”. Die uitstalling is tans te sien in die galery van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Met die gedeeltelike borgskap van Stonehenge in Africa, is daar …
Skoolkinders het nou die geleentheid om meer te leer oor kunswaardering en hoe na kuns en skilderye gekyk behoort te word by skilder Coral Fourie se uitstalling getiteld “Passages through time”.
Die uitstalling is tans te sien in die galery van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Met die gedeeltelike borgskap van Stonehenge in Africa, is daar ’n opvoedkundige boekie by die uitstalling beskikbaar as handleiding.
Met die algemene gebrek aan kunsopvoeding in skole, word ouers en onderwysers genooi om leerlinge op ’n uitstappie te neem om te gaan kyk en te leer. Die uitstalling duur nog tot 10 November. Die skilderye is ook te koop, en die uitstalling is daagliks oop vanaf 09.30 tot 17.00, Maandag tot Vrydag.
Reël met die galery by (018) 299 4341 wanneer groepe wil besoek. Coral kan self ook gekontak word by (056) 811 2078 of 082 653 5774 of by coralfourieartstudio1@gmail.com