NewsNews
Boere trek ook hier saam
Boere en ander lede van die publiek het ook vanoggend hier net na 08:00 by die afdraai na die Potchefstroom-pad saamgetrek vanwaar daar na die Buffelshoek-polisiestasie beweeg sou word ter ondersteuning van die #Swart Maandag veldtog waar mense landwyd vandag saamstaan teen die geweldige vlaag van plaasaanvalle in die land. Ook op die R59 het …
Boere en ander lede van die publiek het ook vanoggend hier net na 08:00 by die afdraai na die Potchefstroom-pad saamgetrek vanwaar daar na die Buffelshoek-polisiestasie beweeg sou word ter ondersteuning van die #Swart Maandag veldtog waar mense landwyd vandag saamstaan teen die geweldige vlaag van plaasaanvalle in die land.
Ook op die R59 het honderde voertuie en mense geklee in swart en kakieklere van vroeg af die pad by die Redan-afrit blokeer.
Die konvooi wat in Midvaal van High Performance Feeds af vertrek het, was sowat 10km lank.
Die foto’s is vanoggend net buite Parys geneem waar talle voertuie reg gestaan het om te vertrek na die Buffelshoek-polisiestasie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.