NewsNews

Stortingsterrein: Chaos nou nóg erger

Ná hoop begin vlam vat het begin Oktober dat die jarelange chaos by die Ngwathe munisipaliteit se amptelike stortingsterrein vir Parys langs die Dover-pad, uiteindelik opgeruim gaan word, blyk dit nou dat die chaos nog erger as ooit tevore is. Dit omdat hier geen beheer is oor die storting van vullis by die terrein en …

Ná hoop begin vlam vat het begin Oktober dat die jarelange chaos by die Ngwathe munisipaliteit se amptelike stortingsterrein vir Parys langs die Dover-pad, uiteindelik opgeruim gaan word, blyk dit nou dat die chaos nog erger as ooit tevore is.
Dit omdat hier geen beheer is oor die storting van vullis by die terrein en selfs  vir kilometers langs die Dover-pad nie. Inwoners wat doodeenvoudig hul vullis stort enige plek langs die pad, sonder om aan die gevolge hiervan te dink.
Gazette het op 5 Oktober berig dat die Ngwathe munispale bestuurder en tegniese direkteur, onderneem het dat die gemors langs die Dover-pad opgeruim sou word, en dat die oorspronklike stortingsterrein  ook opgeruim en beter bestuur sou word. Die munisipaliteit sou ook glo sy lisensie vir die terrein weer laat goedkeur.
Hoewel begin is met die opruiming, is die gebrek aan beheer oor die storting op die terrein en langs die pad, reeds buite beheer. Mense sê dat hulle té bang is om na die terrein self te gaan omdat mense wat van die vullishope leef, daar op hulle afstorm. Ongelukkig skep die storting van vullis langs die pad nou ’n  selfs nog groter brandgevaaar, veiligheidsrisiko en gesondheidsgevaar.
Die publiek word baie dringend gevra om asseblief nie vullis langs die pad te stort nie, en om slegs van die wettige stortingsterrein gebruik te maak. Sou jy mense sien wat vullis onwettig stort, rapporteer dit by die polisie en verskaf ook die registrasienommer van die voertuig betrokke by sulke storting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button