NewsNews

Voëlklub-lede sluit die jaar af met saamkuier

Feathers-voëlklub se volgende byeenkoms is hul afsluiting op Donderdagaand, 23 November vanaf 17:30 by die Houtlepel by Sally Martin Park in Parys. Nadat daar saam gekuier is om ’n potjie pap en ander lekkernye, sal daar in die saal na van die lede se foto’s gekyk word. Belangstellendes is welkom om die aand saam te …

Feathers-voëlklub se volgende byeenkoms is hul afsluiting op Donderdagaand, 23 November vanaf 17:30 by die Houtlepel by Sally Martin Park in Parys.
Nadat daar saam gekuier is om ’n potjie pap en ander lekkernye, sal daar in die saal na van die lede se foto’s gekyk word. Belangstellendes is welkom om die aand saam te kuier, maar bevestig vooraf bywoning by Hansie Bekker of Peter Killian. Die koste vir nie-lede is R20 per persoon. Almal wat die afsluiting bywoon, moet eie eetgerei en drinkgoed saambring.
Op 25 November is daar weer ‘n uitstappie na Vredefort-dam. Volgens berigte wat ontvang is, is daar nou weer meer voëls by dié dam. Die Kuifkopdobbertjie is ook nou daar te sien. Belangstellendes vertrek om 07:00 vanaf die Pick n Pay parkeerterrein.
Bring jul verkykers, hoede, stoele en piekniekmandjies, en moenie die goggaroom vergeet nie.
Vir navrae en om bywoning te bevestig vir die afsluiting, skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754/082 820 4306, of Peter Killian by (056) 817 6031/083 625 8100.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button