NewsNews

Geloftefees 2017 in die Vaal: Kom kamp en kuier lekker saam!

Geloftefees 2017 in die Vaal: Kom kamp en kuier lekker saam! Lees al die inligting hier – en kyk na die mooi video Mnr. Hendrik Olivier (met die wit hemp) wat die Geloftefees-kanon en ammunisie-wa tot hul eertydse glorie gerestoureer het, kyk hier toe terwyl ‘n skoot met die kanon afgevuur word. Retha Fitchat MIDVAAL. …

Geloftefees 2017 in die Vaal: Kom kamp en kuier lekker saam!

Mnr. Hendrik Olivier (met die wit hemp) wat die Geloftefees-kanon en ammunisie-wa tot hul eertydse glorie gerestoureer het, kyk hier toe terwyl ‘n skoot met die kanon afgevuur word.

Retha Fitchat
MIDVAAL. – Inwoners met ‘n liefde vir tradisie en die natuur word hartlik uitgenooi om vanjaar tydens die jaarlikse Geloftefeesvieringe gratis te kom kampeer in die Suikerbosrand-feesterrein in die pragtige Heidelberg-omgewing.

Volgens mnr. Freddie Peters, ‘n bekende in politieke en kulturele kringe, vind die fees vanjaar van Maandag 11 Desember tot Saterdag 16 Desember plaas.

“Almal wat by die Geloftefeesvieringe betrokke wil wees, is welkom om vanjaar weer gratis te kom kampeer. Bring net jou eie kos, tent of woonwa. Daar is water, was- en toiletgeriewe,” sê hy.

Die gerestoureerde kanon op die terrein, wat sowat 50 hektaar groot is, sal vanjaar weer in aksie wees. Woensdag 13 Desember gaan daar boeremusiek gemaak word om die kampvuur, met ‘n vleisie op die kole.

Saterdag, 16 Desember om 09:30 begin die diens met die ou kanon se knal, gevolg deur ‘n kort toespraak deur dr. Engelbrecht en preek deur dr. Kleynhans.

Soos gewoonlik gaan daar na die diens gratis gemmerbier en iets te koop wees om die honger te stil.

Almal wat belangstel om gratis te kom uitkamp, is welkom om reëlings met die voorsitter van die Suikerbosrand Geloftefeeskomitee, mnr. Jorrie Jordaan, by 083 941 0286 te tref.

Meer besonderhede oor die fees is ook beskikbaar by L. Kriel by 084 511 4759.

Kyk na die Geloftefees-organiseerders se video hier:

 

  AUTHOR

Retha Fitchat
Editor
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button