Meer as ’n duisend jaar se tronkstraf vir koperkabel diewe
’n Sindikaat wat verantwoordelik was vir die diefstal van koperkabel ter waarde van honderde duisende in Vrystaatse dorpe soos Thabong, Welkom, Ventersburg, Virginia, Senekal, Odendaalsrus, Allanridge en Bronville tussen Augustus 2015 tot 2016, is nou in die Kroonstadse Hoë Hof gevonnis tot ’n totaal van 1 160 jaar effektiewe gevangenisstraf. Die beskuldigdes, Naftali Makhuvela (34), …

’n Sindikaat wat verantwoordelik was vir die diefstal van koperkabel ter waarde van honderde duisende in Vrystaatse dorpe soos Thabong, Welkom, Ventersburg, Virginia, Senekal, Odendaalsrus, Allanridge en Bronville tussen Augustus 2015 tot 2016, is nou in die Kroonstadse Hoë Hof gevonnis tot ’n totaal van 1 160 jaar effektiewe gevangenisstraf.
Die beskuldigdes, Naftali Makhuvela (34), Moses Makhuvela (35), Clement Mbembe (44), Elvis Mchunu (44), Jonas Mkhonto (32), Kenneth Kaitana Mhlongo (37), Ronald George (39), Alfred Masithela (40), Tsietsi Stephen Dichakane (42), Thema Mantile (37) en Herbeth Manyamane (26), is almal op 7 Desember skuldig bevind aan gewapende roof net verswarende omstandighede, diefstal van koberkabels en ontsnapping uit wettige aanhouding.
Naas die aanvanklike klagte van koperkabel diefstal teen hulle, is die ander klagtes aanhangig gemaak ná ’n voorval op 9 Januarie 2016 terwyl hulle verhoorafwagtend was in die Senekalse Korrektiewe Sentrum. Hulle het toe ’n vuurwapen in die gevangenes ingesmokkel wat gebruik is om korrektiewe beamptes te oorrompel en te beroof van hul selfone en tronksleutels. Een van die beamptes is in die voorval geskiet waarna sewe van die verdagtes gevlug het.
Hulle is daarna weer gearresteer en in Kroonstad aangehou.



