NewsNews

Dramaskool skitter op KykNet

Studente van Parys se kunste-akademie, Gaudium Artes, gaan in Februarie op die kassie wees! ’n  Paar van die talentvolle jong dramastudente – Lara en Anja Lubbe, Carli de Jager, Dané Nell, Aimee en Connor Barrow, Carmen Burger, Anjo Barradas, Elaine Jonker, Danielle Venter en Kaylyn Vertenten – is aan die einde van 2017 opgeneem vir …

Studente van Parys se kunste-akademie, Gaudium Artes, gaan in Februarie op die kassie wees! ’n  Paar van die talentvolle jong dramastudente – Lara en Anja Lubbe, Carli de Jager, Dané Nell, Aimee en Connor Barrow, Carmen Burger, Anjo Barradas, Elaine Jonker, Danielle Venter en Kaylyn Vertenten – is aan die einde van 2017 opgeneem vir die program Kleuterzone.
Die eer het hulle te beurt geval na hul puik prestasies by die 2017 Vaaloewer Kunswedstryd.
Die dramastudente het vanjaar met ’n diploma-oes van 16 Pronkvere en 10A+ simbole weggestap, en een van hulle studente, Anné Krüger, is ook aangewys as die algehele wenner van die Vaaloewer Kunswedstryd. Die program van Kleuterzone word op 27 Februarie om 09:00 op kanaal 146 uitgesaai. Daar is ook heruitsendings op 1 Maart om 12:00, en 3 Maart om 08:30.
Die dramadosent, Launette van Niekerk, kan self ook gesien word op ‘Uitblinkers’, op dieselfde kanaal, op 28 Januarie om 16:00.
Teen die einde van 2018 gaan die dramastudente weer die geleentheid hê om aan TV-opnames deel te neem.
Gaudium Artes hou ’n  ope-aand op 25 Ja-nuarie in die skoolsaal van Hoërskool Parys. Die doel van die ope-aand is om die verskillende kursusse en die dosente wat dit aanbied, bekend te stel. Tydens die geleentheid kan voornemende studente en belangstellendes met die dosente gesels en meer inligting bekom. Gaudium Artes bied tans bekostigbare klasse in drama, kuns, populêre sang, elektriese kitaar, akoestiese kitaar vir beginners, klavier, blokfluit en tromme aan.
Klasse vir die jaar begin op 1 Februarie. Vir meer inligting, skakel Marli Krüger by 082 4980 117, of stuur ‘n e-pos aan gaudium.artes@gmail.com.

Related Articles

 
Back to top button