NewsNews

Hulle maak ’n verskil met misdaadbekamping

“Die Radio Light Patrol Buurtwag het oor die Kersseisoen weer ’n beduidende rol in misdaadbekamping in Parys gespeel.” Só sê Anne-marie du Toit, voorsitter van die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF). Du Toit het by monde van die GPF gesê dat Radio Light Patrol met Ryno Lindeque en Wynand Nel aan die stuur, onmisbaar in …

“Die Radio Light Patrol Buurtwag het oor die Kersseisoen weer ’n beduidende rol in misdaadbekamping in Parys gespeel.”
Só sê Anne-marie du Toit, voorsitter van die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF). Du Toit het by monde van die GPF gesê dat Radio Light Patrol met Ryno Lindeque en Wynand Nel aan die stuur, onmisbaar in Parys geword.
Dié nie-winsgewende maatskappy is in 2016 in die lewe geroep en funksioneer tans as ’n belangrike vennoot van die plaaslike GPF.
Die patrolleerders lewer ’n diens aan die gemeenskap in samewerking en ter ondersteuning van die Parys SAPD, en is Wynand ook ondervoorsitter van die GPF.
Gemeenskapslede kan in tye van nood vir Ryno (084 600 0536), Wynand (082 629 1553) of Dorette (071 554 7966) skakel en by hul WhatsApp-groepe aansluit, sê Du Toit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button