
Hy is op die toneel oorlede.
Die gewapende mans wat ‘n skoktoestel, 9mm pistool en rewolwer by hulle gehad het, het met ‘n motor by die huis gestop en ten spyte van die palissade-omheining en hek, sekuriteitskameras en honde op die erf, ingekom.
Hulp was gou op die toneel, maar die verdagtes kon slaag om met die voertuig waarmee hulle gekom het, te vlug.
Sover bekend is selfone en kontant, asook ‘n skootrekenaar en juweliersware gevat.
Die polisie ondersoek klagte van huisroof en moord, ná dié traumatiese voorval.
Lees ook berig in vandag se Parys Gazette.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



