NewsNews

Wie was hierdie man?

As ek net kan dankie sê.

Dit is die wens van die 84-jarige vrou wat verlede week die slagoffer was van gewetenlose skurke wat haar by die Parys Boulevard-sentrum van haar handsak, juwele, kontant en selfs haar motorsleutels beroof het.
Terwyl sy so geskok was en nie geweet het wat om te doen nie, het ’n onbekende samaritaan haar te hulp gesnel, gehelp om haar bankkaart te stop en selfs AJ Locksmith laat kom om haar te help om sleutels vir haar motor te kry wat toe nog in die parkeerarea gestaan het.
Boonop het dié onbekende man die rekening vir die sleutels ook betaal.
“Al wat ek wil hê is net dat die man wat my gehelp het, sy nommer by AJ Locksmith sal los sodat ek hom self kan bedank. Sulke engele kom nie aldag oor jou pad nie, en daarom wil ek dankie sê.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button